Afrikaans
-
Afrikaans is 99 jaar jonk
afrikaans.com 8 Mei 1925 – die dag toe Afrikaans amptelike status gekry het. - Afrikaans.comIs jy lief vir Afrikaans in al sy vorme? Dan het ons goeie nuus. Op 8 Mei 2025 is Afrikaans as amptelike taal ‘n volle 100 jaar oud.
Vandag is Afrikaans 99 jaar oud!
-
Op soek na 'n Dertiger digter.
Hallo. Ek is op soek na boeke (bundels of romans) deur Uys Krige. Die enigste probleem is dat ek nie in SA is nie, so Takealot of Exclusive Books sal min help (en ek het al daar gesoek, met geen hulpvaardige resultate nie). As enige iemand my in die regte rigting kan wys, sal ek baie dankbaar wees.
-
Aanlyn Afrikaanse bronne
More,
Kom ons maak 'n lys van Afrikaanse bronne of hulpmiddels op internet wat ons taal bevorder!
Dankie!
-
'n baie goeie aanlyn tweetalige woordeboek vir as jy Afrikaans is
rieme.co.za Afrikaans Engels tweetalige woordeboekAfrikaans Engels tweetalige woordeboek. Voeg woorde by wat nie in woordeboek reeds is nie. Rieme.co.za - Sedert 2003. Translate english to afrikaans
Dis beter as google translate
-
Die weirdste RSG artikel ooit, wat is die doel met die artikel?
www.rsgplus.org Die opkoms van Homo sapiens plasticus - RSGplusKosmetika het binne 2 tot 3 dekades reggekry wat natuurlike seleksie jare en eeue neem: om ‘n nuwe subspesie van die mens, Homp sapiens, te skep. Die nuwe subspesie staan bekend as Homo sapiens plasticus. Die nuwe subspesie is mensgemaak en spruit uit die mens se oordrewe behoefte om jonger te lyk. ...
-
Die WAT?
Die wesensaard van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal word grootliks bepaal deur sy eiesoortigheid en die spesifieke plek van hierdie woordeboek binne die breë tipologiese verskeidenheid.
-
Woord van die week: "napaadjie"
s.nw. (minder gebruiklik)
1 KORTPAD: So, nou ry hy lang pad om, nè? In normale omstandighede gebruik hy sommer die napaadjie hier skuins oor haar werf (E.F. Stander […]
Bron: wat.co.za
-
Woord van die week: "krielhaantjie"
Video
Click to view this content.
Krielhaantjie; s.nw. (weinig gebruiklik)
Parmantige, aggressiewe manlike persoon, meestal ook nog klein van postuur; sin.kapokhaantjie: Elke vrou wat met … ‘n immerkraaiende krielhaantjie (as eggenoot) sit, behoort ook die reg te hê tot inruiling en omruiling (A. Blignault: Granaat, 1970, 73).
© WAT
-
Woord van die week: "elmboog stoot"
Video
Click to view this content.
Idiomatiese uitdrukking - Hardloop.
© WAT
-
Afrikaans.com
Ons storie Ons kan hier ons eie storie met jou deel. Oor hoe ‘n passie vir Afrikaans sedert 2016 gegroei het tot ’n organisasie wat die taal, sy diversiteit en skoonheid vier, verken en bemagtig.
Maar Afrikaans.com gaan nie oor óns nie. Dit gaan oor die taal en sy mense.
Dit gaan oor die mense wat Afrikaans voete gee, die mense in wie se mond die taal verskillende vorme aanneem, dit gaan oor die organisasies wat die taal bevorder en geleenthede wat die taal vier.
Dit gaan daaroor om ’n saamkomplek te skep vir mense wat lees, leer, luister, kyk, koop en hoop in hul taal.
Dit gaan oor diegene wat lag, lekkerkry en lééf in Afrikaans. Dié wat makietie hou in hul taal, geraas maak in hul taal en meeste van alles… trots is op hul taal.
Ons is hier om húlle stories te vertel.
Hou Afrikaans.com dop vir alles oor Afrikaans… in Afrikaans.
*Afrikaans.com word deur die Trust vir Afrikaanse Kuns, Kultuur en Erfenis (TAKKE) gefinansier.
-
Afrikaans né?
Laat ek dan maar die eerste wees om n woord of twee hier neer te lê, al is dit nou met n virtuele sleutelbord op die nuutste iterasie van Mnr Bell se uitvindsel, en nie met n oudmodiese potlood en papier nie. Daar het julle dit nou. Bliksems.